
VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT


Die Huis kom om 14:15 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

INTERPELLASIES, VRAE EN ANTWOORDE - kyk bl 336.

VOERTUIGONGELUK IN VANRHYNSPAS

(Roubeklagvoorstel)

Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis sy diepe leedwese betuig met die naasbestaandes van diegene wat verlede Dinsdag in 'n tragiese ongeluk in Vanrhynspas buite Vanrhynsdorp gesterf het, en verder al die beseerdes 'n spoedige herstel toewens.

Goedgekeur.

GELUKWENSE AAN ME T ESSOP

(Voorstel)

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis die agb lid me T Essop gelukwens met haar eenparige herverkiesing as voorsitter van die Nasionale Vereniging van Openbare Rekeninge Komitees, en verder haar gelukwens met haar rol om 'n suksesvolle konferensie van die Vereniging wat verlede week in Kaapstad gehou was, te verseker.

Goedgekeur.

GELUKWENSE AAN BURGEMEESTER VAN KAAPSTAD

(Voorstel)

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis die Burgemeester van Kaapstad gelukwens met haar onbestrede aanstelling as Voorsitter van die South African Local Government Association (SALGA).

Goedgekeur.

GEBREK AAN BELANGSTELLING IN JEUGSAKE

(Voorstel)

*Me K A MQULWANA: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis kennis neem van -

(1) die gebrek aan belangstelling in jeugsake in die Provinsie;

	(2)	die feit dat daar geen jeugbeleid is nie; ...

	Die Minister in die Kantoor van die Premier is in November 1998 aangestel.

*Die SPEAKER: Orde! Vorm dit deel van die voorstel?

*Me K A MQULWANA: Ja, mnr die Speaker. Ek gaan voort:

	Die Minister in die Kantoor van die Premier is in November 1998 aangestel. Daar is geen jeugbeleid en daar is geen program ...

*Die SPEAKER: Orde! Ek kan nie die tweede gedeelte toelaat nie. Die eerste gedeelte, waarin die agb lid die voorstel in verband met die gebrek aan jeugbeleid voorstel, is in orde. Is daar nog iets wat sy wil byvoeg? Sy kan egter nie nou beweegredes vir die voorstel verstrek nie.

*Me K A MQULWANA: Mnr die Speaker, ek sal dus ...

*Mnr C M DUGMORE: My saak stel.

*Me K A MQULWANA: ... my saak stel ... [Gelag.] ... soos volg:

(3) die rol wat die jeug in die stryd teen apartheid speel; en

	homself derhalwe verbind tot die ontwikkeling van regeringsprogramme om die jeug te bemagtig.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

PROBLEME MET PLASE IN WES-KAAP

(Voorstel)

Me L N PHIKE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis sy kommer uitspreek oor -

(1) die vlaag uitsettings van plaaswerkers op plase in die provinsie, en in besonder die hangende uitsettingsbevele op 71 gesinne in die Koelenhof-gebied buite Stellenbosch;

(2) die haglike omstandighede waaraan die werkers en bewoners van die plaas Koelpark, in die Koelenhof-gebied, onderwerp word; en

(3) die algemene ho vlak van baasskap, rassisme en uitbuiting wat op plase in die provinsie heers en dit ten sterkte veroordeel.

Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

MISDAADVOORKOMING IN PROVINSIE

(Voorstel)

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis met sorg daarvan kennis neem dat gedurende die dienstyd van die huidige Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning die SAPD nie daarin geslaag het om bendegeweld te bowe te kom nie, en dat al sy pogings in hierdie verband ondoeltreffend was, en verder 'n beroep op die Premier doen om iets te doen of te s om te toon dat die bestryding van misdaad die erns van di Nuwe NP/DP-regering is.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

KRANSLEGGINGSPLEGTIGHEID

(Voorstel)

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis sy diepe leedwese betuig met die familie en vriende van diegene wat hul lewens in die padongeluk in die Vanrhynspas verloor het, en die nasionale Adjunkminister van Landbou en die Leier van die Opposisie in die Provinsiale Parlement bedank vir hul deelname aan 'n kransleggingsplegtigheid op 4 Junie 2000 saam met die Vanrhynsdorp-gemeenskap, en verder 'n beroep op die provinsiale Departement van Vervoer en Werke doen om maatrels te tref om groter veiligheid vir diegene wat die pas gebruik, te verseker.

Goedgekeur.

BEWEERDE KORRUPSIE EN ONGEMAGTIGDE UITGAWES
IN WESKUS DISTRIKSRAAD BLOOTGEL

(Voorstel)

Mnr M L FRANSMAN: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis kennis neem van die beweerde korrupsie en ongemagtigde uitgawes, soos onlangs in die Weskus Distriksraad blootgel, met spesifieke verwysing na -

(1) die beweerde betrokkenheid van die voormalige Hoof Uitvoerende Beampte en die voormalige Hoof van Administrasie, wat ook 'n senior Nuwe NP-raadslid van die Moorreesburg Nuwe NP-stadsraad is;

(2) die klagstaat wat kriminele oortredings soos ongemagtigde uitgawes betreffende die afkoop van pensioen en uitstaande motorlenings ten bedrae van sowat R600 000 bevat;

en verder sodanige vorme van korrupsie ten sterkste veroordeel en versoek dat 'n verslag oor die aangeleentheid aan die staande komitee voorgel word.

Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

OPRIGTING VAN DAM BY DYSSELSDORP

(Voorstel)

Mnr J P GELDERBLOM: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis die Minister van Landbou bedank vir sy inisiatief om fondse te bekom sodat 'n dam tot voordeel van die kleinboere in die Dysselsdorp-omgewing gebou kan word.

Goedgekeur.

KOMMUNIKASIE TUSSEN DP EN NUWE NP

(Voorstel)

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis kennis neem dat die leierskap van die DP nie die Nuwe NP na die gesprekke oor 'n verenigde opposisie genooi het nie, en verder kennis neem dat die Leier van die DP in die Provinsie nog nie gereageer het op die uitdaging van die Adjunkleier van die Nuwe NP in die Provinsie om die notule van 'n vergadering wat tussen die Nuwe NP en die DP in die Provinsie gehou is oor samewerking gedurende die komende verkiesing bekend te maak nie.
*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

WANGEDRAG VAN LEDE VAN SAPD

(Voorstel)

*Mnr S E BYNEVELDT: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis 'n beroep op die Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning doen om dringend ondersoek in te stel na bewerings dat lede van die SAPD in Khayelitsha op Vrydag, 2 Junie 2000, dronk aan diens was, wat daartoe gelei het dat hulle nie gereageer het op 'n oproep van gemeenskapsleiers om 'n verdagte wat skote op 'n inwoner gevuur het, te arresteer nie, en verder sy besorgdheid uitspreek oor die onskynlike onvermo om teen lede van die SAPD wat aan sulke gedrag skuldig is, op te tree.

Goedgekeur.

KORRUPSIE EN NEPOTISME

(Voorstel)

Mnr P J MARAIS: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis die vlaag korrupsie en nepotisme in die land en die aanstelling van ongekwalifiseerde persone in ho poste in die Staatsdiens deur die ANC verdoem, en derhalwe 'n beroep op die President doen om dringend hieraan aandag te skenk.

Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

GEWELDSITUASIE OP KAAPSE VLAKTE
TUSSEN GOLDEN ARROW EN CATA EN CODETA

(Saak van openbare belang)

Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, ek is dankbaar dat die onderwerp op die Ordelys geplaas is.

Meneer, ek wil ter aanvang ons innige simpatie en meegevoel oordra aan diegene wat geliefdes aan die dood moes afstaan in die taxikonflik. Ons is innig jammer dat hulle die slagoffers moes word van wettelose barbarisme. Die vraag moet gevra word: is ons nie besig om, wat wet en orde betref, dieselfde pad as Zimbabwe te loop, waar geen respek meer vir die regspraak betoon word nie?
Die taxivereniging het 'n interdik ontvang, maar hulle het hulle nie daaraan gesteur nie. Trouens, hulle wil h dat dit teruggetrek moet word, terwyl hulle voortgaan met eise en dreigemente. Di Regering sal nie toelaat dat hulle gevange gehou word deur voetlose dreigemente nie. Ons sal verantwoordelik optree in belang van ons gemeenskap om die demokrasie in die land uit te bou en te verstewig.

Mnr die Speaker, kom ons kyk na al die moeite wat gedoen word en na die chronologiese verloop van gebeure. Op 27 Maart 2000 het samesprekings tussen die taxivereniging Codeta en Golden Arrow begin, nadat Golden Arrow deur hulle gedreig is. Tussen die partye is ooreengekom dat Golden Arrow normaal kan opereer. Op 4 April 2000 sluit Cata by die protes aan. Ek wil graag in chronologiese volgorde wys wat alles gedoen is om die geweld onder die knie te kry.

Op 15 April 2000 word mnr Ganuganu, 'n busbestuurder van Golden Arrow, doodgeskiet. 'n Petrolbom word na die bus gegooi, en Golden Arrow verkry 'n interdik by die Hooggeregshof om mense in die taxibedryf te verbied om hulle te intimideer. Op 16 April 2000 word verskeie busse en bestuurders gedreig en skote word gevuur. Op 19 Mei 2000 vergader die agb Minister van Vervoer en Werke en verteenwoordigers van die taxiverenigings om op die volgende ooreen te kom: alle geweld en intimidasie moet onmiddellik stop; alle wettige permithouers het die reg om te opereer; en die gemeenskap het die reg om die openbare vervoer van hul keuse te gebruik. Op 16 Mei 2000 word wetgewing deur die Provinsiale Parlement aanvaar. Op 29 Mei 2000 word mnr Swart, 'n busbestuurder van Golden Arrow, doodgeskiet en word busse met petrolbomme bestook. Op 30 Mei 2000 vind samesprekings plaas met die topstruktuur - komm Selebi, die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning en die agb Minister van Vervoer en Werke - in verband met die verkryging van mannekrag. So kan ek voortgaan tot op hede.

Ek is jammer, maar die vraag voor die Huis is: wanneer gaan die agb Minister sy vuis maak? Ons kan nie en mag nie toelaat dat wet en orde ondermyn word en dat mense hulself bo die wet verhef nie. Ons in die Wes-Kaap sal nie toelaat dat ons uit enige township regeer word nie, nie uit Guguletu nie en ook nie uit Bishop Lavis nie. Dit kan nie toegelaat word nie.

Mnr C M DUGMORE: Wat van Constantia?

Mnr N M ISAACS: Ook nie uit Constantia, Langa of Klein-Brakrivier nie. Trouens, die gemeenskappe van hierdie geteisterde gebiede staan vierkantig agter die beginsel dat wet en orde gehandhaaf moet word en dat taxi-operateurs vasgevat moet word. Ons moet 'n diens aan die gemeenskap verrig en ons sal beslis nie wegskram van daardie verantwoordelikheid nie. Nee, nie een oomblik sal ons van ons verantwoordelikheid wegdeins nie.

Mnr die Speaker, ons moet egter in gedagte hou uit watter agtergrond hierdie konflik ontstaan het. Ons sal ons hand in eie boesem moet steek en besef watter bydrae ons maak. Ek verwoord dit nou baie breed. Ek wonder of almal van ons hier heeltemal onskuldig is. Probeer ons in die Huis nie om op 'n goedkoop en onverantwoordelike wyse ook met die bloed van mense se lewens stemme werf nie? Sit politici nie agter die hele ding nie? Is dit nie miskien ons wat aan die een kant die situasie saggies aanblaas en aan die ander kant 'n ander hand uitreik nie? [Tussenwerpsels.] Ek stel die vraag, want na my mening is dit baie belangrik om vir elkeen wat 'n deelname in die politiek het te vra waar ons staan teenoor hierdie geweld en die menselewens wat ons verloor. Ek vra die vraag: ...

Mnr C M DUGMORE: Wat probeer jy nou s?

Mnr N M ISAACS: Meneer, dit is altyd die agb lid mnr Dugmore. As hy praat, moet 'n mens weet iets skuil daaragter. [Tussenwerpsels.] Ek vra die vraag: is dit die UDM, is dit die Nuwe NP of die ANC? [Tussenwerpsels.] Wie sit agter die geweld? Kan die ANC onvoorwaardelik s dat hulle nie agter die geweld sit nie? [Tussenwerpsels.] Mnr die Speaker, toe ek rondgekyk het, het party van hulle net hul koppe laat sak. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, hier is dinge aan die gang wat ons werklik baie eerlik moet bespreek. Word hierdie geweldsituasie lewend gehou sodat ons nader aan 1 November daaroor politiek kan maak? As ons, die opposisie, of wie ook al, daarmee besig is, vra ek dat dit gestaak moet word. Dit is nie reg om so met ons mense se lewens om te gaan nie.

*Mnr C M DUGMORE: Wat is jy besig om te s, Nick?

Mnr N M ISAACS: Jy hoor wat ek s. Ek vra vir jou, Dugmore, het jy jou hande ook in die taxigeweld? Ek stel dit vir hom onvoorwaardelik. Hy s nie ja nie en ook nie nee nie. Al wat ek vra, is dat ons nie mre van 'n deelname hieraan skuldig bevind moet word nie.

Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: is dit korrek dat 'n agb lid so 'n trant in sy toespraak kan inslaan, dat hy kan omswaai en ander mense blameer vir die geweld wat in die Wes-Kaap plaasvind? Ek dink nie die trant van die toespraak is korrek nie.

Die SPEAKER: Orde! Die agb lid mnr Isaacs moet baie versigtig wees. Hy het nie enige agb lid van die Huis beskuldig van die pleeg van 'n misdaad nie, en daarom gaan ek dit nie buite orde rel nie. As hy dit egter koppel aan bloedvergieting, sterftes, en so meer, moet hy baie versigtig wees om die vinger na spesifieke agb lede in die Huis te wys. Die agb lid mag voortgaan.

Mnr N M ISAACS: Baie dankie, mnr die Speaker. Soos u weet, het ek ter aanvang gevra of hier van ons is wat dit doen, en my toespraak handel steeds oor daardie vraag. Ek het geen dreigement gemaak nie. Ek probeer om geen persoon ...

Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek het verwag dat die agb lid mnr Isaacs dit met u beslissing gaan doen. Sy antwoord aan u is nie korrek nie. Hy het die naam van die agb lid mnr Dugmore in sy toespraak geopper. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Die agb lid mnr Isaacs het nou ges hy verwys nie na enige agb lid nie. Tog is dit wel so dat hy, na 'n tussenwerpsel van die agb lid mnr Dugmore, na daardie agb lid verwys het. Ek vra dus die agb lid mnr Isaacs om 'n duidelike antwoord. Verwys hy spesifiek na enige agb lid in die Huis? Ons kan daarna voortgaan met die debat.

Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, ek het na geen agb lid verwys nie. Ek het net op 'n tussenwerpsel gereageer. Ek het na geen persoon in die Huis verwys nie.

Die SPEAKER: Orde! Dit word so aanvaar. Die agb lid mnr Isaacs mag voortgaan.

Mnr N M ISAACS: Dankie, mnr die Speaker.

Meneer, ek wil ons leier komplimenteer met die kranslegging gister op Vanrhynsdorp. Daar het hy gevra dat vervoer nie verpolitiseer moet word nie, aangesien vervoer ingestel is om die gemeenskap te dien, ongeag hul politieke standpunte. Dit lyk darem asof daar lig aan die einde van die tonnel is.

Ek wil nie afbreuk doen aan die koalisie nie, maar ek voel dat as lede van die koalisie besluit het om een oggend per bus te ry, hulle ook vir ons daarvan kon ges het. Nietemin, hulle het probeer bewys dat die koalisie belangstel in wat daar buite gebeur. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ek het 'n gevoel dat di geweld in die ander gebiede gaan voortduur. Met betrekking tot hierdie voortslepende beleid wil ek vir die agb Minister vra dat indien hy besluit om die taxistaanplekke vandag in Khayelitsha te sluit, hy sy bes sal probeer om te voorkom dat die geweld mre op Langa, Guguletu of Lwandle uitbreek.

Mnr M OZINSKY: Of wat van Bishop Lavis?

Mnr N M ISAACS: Die agb lid mnr Ozinsky kan enige naam by die lys voeg. Ek weet die agb Minister is nie haastig om plekke toe te maak waar die taxi's opereer nie, want hy is bewus van die feit dat die geweld na ander plekke kan oorspoel en uitkring. [Tussenwerpsels.] Ek wil hom gelukwens met sy besluit. Sommige mense wil graag sien dat daar tot aksie oorgegaan word, maar hulle besef nie dat die aksie verder kan uitkring nie, en tot so 'n mate dat dit vir ons groter probleme kan veroorsaak nie. Al wat ek vir die agb Minister wil vra, in die lig daarvan, is dat wanneer hy hierdie probleem oplos, hy dit op so 'n manier moet oplos dat dit die oorspoel van geweld voorkom, want dit gaan nie meer oor drywer en bestuurder nie, dit gaan nou oor Golden Arrow. Golden Arrow word nou die vark in die verhaal gemaak. [Tyd verstreke.]

*Mnr M LOUIS: Mnr die Speaker, ... [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Mnr M LOUIS: Mnr die Speaker, ek neem graag deel aan hierdie kernbelangrike debat. Ek moet die medelye van die ACDP voeg by di wat deur die agb lid mnr Isaacs uitgespreek is oor die lewensverliese en die gesin wat geraak is, soos in hierdie debat genoem.

Ek glo dat een van ons belangrikste pligte as wetgewers is om die beskermers van die mense en die skeppers van wet en orde te wees. Daar is geen twyfel daaromtrent nie.

As ons in die ACDP na die oorsake van die taxigeweld kyk, glo ons dat daar vier wesenlike sake is. Die eerste kwessie is geld en subsidies. Mnr die Speaker, hoewel ek nooit voorheen die rasse-aspek in die debatte in die Huis opgehaal het nie, wil ek s dat die taxi's nog altyd beskou is, of beskou word, as die enigste ware, erkende swart bemagtigingsbedryf, terwyl die busoperateurs aan die ander kant beskou word as deel van die ou apartheidstelsel wat subsidies ontvang. Dit ly geen twyfel nie dat hier rasse-ondertone is.

Die ACDP glo egter nie dat dit 'n rassekwessie is hierdie nie. Vir ons gaan dit oor die lewering van diens. Terwyl die mense daar buite probeer om dit in 'n rassekonteks te plaas, sal die ACDP dit op geen wyse hoegenaamd ondersteun nie omdat ons glo dat dit oor die lewering van diens gaan.

Ten tweede gaan dit oor permitte. As 'n mens na die bedryf en permitte kyk, is dit in algehele wanorde en konflik. Wat op die oomblik gebeur, is dat daar soveel as 100 taxi's weekliks die provinsie binnekom en taxi-operateurs betaal Codeta en Cata tot R20 000 per maand vir 'n permit. R20 000 vir 'n permit is 'n klomp geld. Wat Codeta en Cata doen, is om 'n lisensie aan daardie taxi's te ondersteun.

Mnr die Speaker, die belangrike aspek hiervan is dat slegs die Plaaslike Padvervoerraad 'n lisensie kan uitreik. Geen taxi-operateur of bedryf kan 'n lisensie waarborg nie en daar is geweldige konflik daaroor. Om 'n lisensie van die Plaaslike Padvervoerraad te bekom, moet 'n mens bewys dat 'n behoefte bestaan. Deur Golden Arrow uit die gebied te verdryf, sal die taxi's in staat wees om 'n behoefte te bewys en dit is waarom hulle in staat sal wees om 'n lisensie te bekom.

Terwyl ek oor die Plaaslike Padvervoerraad praat, mnr die Speaker, wil ek s dat daar ook 'n probleem met die samestelling van hierdie raad is. Die agb Minister van Vervoer sal weet dat daar slegs ses lede in die raad dien en die nasionale Wysigingswetsontwerp op Vervoer (Kordinasie), Wet 73 van 1977, maak voorsiening daarvoor dat die publiek mense vir die raad kan benoem. Geen taxi-operateurs is versoek om hul bedryf in die raad te verteenwoordig nie. Daar is 'n groot probleem in die bedryf ten opsigte van die erkenning van die raad. Ons s dat daar weer na die samestelling van die Plaaslike Padvervoerraad gekyk moet word.

Ten derde, as ons na die grondwet van Codeta kyk, en dit is iets wat ek nie geweet het nie, sien ons dat dit voorsiening maak daarvoor dat indien 'n taxi-operateur een lisensie bekom, hy outomaties drie ekstra lisensies sal kry, wat beteken dat vier lisensies vir elke operateur gewaarborg is. Nou dit, glo ons, is ongrondwetlik, want 'n mens kan nie waarborg dat jy vier lisensies sal kry deur een lisensie te bekom nie, en ons glo dat daarna gekyk moet word.

Ten vierde gaan die saak nie oor wettig teen onwettig as die kwessie geweld en intimidasie, mag en die vertrapping van regte is nie. Hiervan gepraat, mnr die Speaker, wil ek s dat dit vanselfsprekend daaroor gaan dat die demokrasie getref word, want passasiers kan nie hul reg uitoefen om hul vervoer te kies nie. Dit is waarom ons glo dat die Regering moet ingryp.

En dit gaan nie net daaroor nie. Sakeondernemings moet ook beskerm word. As ons byvoorbeeld na Golden Arrow kyk, sien ons dat Golden Arrow net in die afgelope maand R7,5 miljoen aan inkomste verloor het. Hul wegblykoers het met 100% toegeneem en die styging in die getal van hul mense wat bedank het, beseer is en hul lewens verloor het was sodanig dat Golden Arrow regtig geweldig bekommerd is.

Mnr die Speaker, wat ons as wetgewers moet doen, is om nie net die probleme aan die Huis voor te hou nie, maar die oplossings. Die ACDP beveel die volgende oplossings by die agb Minister aan.

Ten eerste doen ons 'n beroep op die agb Minister van Vervoer en Werke om onmiddellik 'n openbare vervoerbeleid op te stel. Kom ons oorweeg vandag net ons voorlegging oor die Metropolitaanse Vervoerowerheid. Ek en die agb Minister weet dat daar R22 miljoen is om 'n beleid oor vervoer in hierdie provinsie op te stel. Daar moet 'n gekonsolideerde plan wees om die bedryf te reguleer en te konsolideer.

Ten tweede, aangesien die Oorgangswetsontwerp op Padvervoer later vandeesmaand in werking gestel word, vra ons -

1.	vir die onmiddellike ouditering van alle taxilisensies sodat permitte slegs uitgereik kan word vir omskakeling in permanente operateurslisensies;

2.	dat operateurslisensies slegs vir 'n tydperk van 5 jaar uitgereik word, tensy daar onvoorwaardelike lisensies vir 'n onbepaalde tydperk is. Die radius-tot-roeteslisensies moet afgehandel word en die hele herkapitalisasieproses moet onmiddellik in werking tree;

3.	dat die agb Minister van Vervoer en Werke en die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning onmiddellik 'n beroep op die nasionale Ministers van Verdediging en Vervoer en die nasionale Kommissaris, mnr Selebi, doen om hulp te verleen met mannekrag, want ons weet dat dit een ding is om goeie wetgewing te h, maar dat dit iets anders is om wetgewing in werking te kan stel. Hierdie Huis sou vandag graag van sowel die agb Minister van Vervoer en Werke as die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning wou hoor waarom die gesag wat aan die agb Minister van Vervoer en Werke verleen is, nie uitgeoefen kan word nie voordat ons tot 'n finale gevolgtrekking kom; [Tussenwerpsels.]

4.	dat politieke partye van hierdie Huis betrokke raak by die proses om hierdie provinsie te stabiliseer. Mnr die Speaker, ons glo dit is baie belangrik dat hierdie probleem slegs gestabiliseer sal word sodra alle politieke partye betrokke raak om die toestand te stabiliseer en dat dit nie benader moet word uit die standpunt wat die agb lid mnr Isaacs ingeneem het nie, naamlik dat daar politieke beweegredes agter alles is; en

5.	dat taxi-eienaars en krygshere in die openbaar geweld verwerp. Mnr die Speaker, dit is goed om in die koerante te sien dat die busoperateurs geweld in die openbaar verwerp het, maar ons doen 'n beroep op al die taxi-operateurs om geweld in die openbaar te verwerp - en nie om geweld net in die kantoor van die agb Minister van Vervoer en Werke te verwerp nie, maar in die openbaar.

Ten slotte wil ek aan sowel die agb Minister van Vervoer en Werke as die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning s dat ons die gedagterigting van stille diplomasie wat hulle in die afgelope week gevolg het, begryp. Dit ly egter geen twyfel nie dat ons in die belang van die publiek ... [Tussenwerpsels.] ... die agb Minister van Vervoer en Werke moet versoek om onmiddellik die wysiging aan die Vervoerwet wat deur ons goedgekeur is, toe te pas. Hierdie Huis het saamgestaan om daardie Wet te ondersteun en ons doen 'n beroep op die agb Minister om redes te verstrek waarom die Wet nog nie toegepas is nie en vra dat die bevoegdhede wat aan hom verleen is, onmiddellik uitgeoefen word. Ons glo dat hy dit aan die mense verskuldig is. [Tussenwerpsels.]

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, ek wil graag by die agb lid mnr Louis aansluit deur die medelye van die ANC te betuig teenoor diegene wat hul lewens en hul geliefdes verloor het as gevolg van die taxigeweld en konflik. Natuurlik wens ons ook almal wat in die proses beseer is 'n spoedige herstel toe.

Die voorsitter van die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling, die agb lid mnr Louis, het gevra vir 'n nuwe beleid. Ek het hier gesit en gewonder waarvan hy praat, want daar is 'n beleid. Daar is 'n Witskrif wat duidelike aanduidings gee van wat gedoen moet word ten opsigte van openbare vervoer in hierdie provinsie. Ek wil hom graag daaraan herinner dat die beleid spesifiek 'n beroep doen om Openbare vervoer eerste, wat beteken dat 'n gentegreerde vervoerstelsel in die provinsie verskaf moet word. Dit is op die tafel. Wat nodig is, sou ek my agb kollega graag wou herinner, is die bespoediging van die inwerkingstelling daarvan. Daar is geen behoefte aan 'n nuwe beleid nie. Daardie beleid bestaan.

Ek wonder waarom ons hierdie debat aangevra het. Hier in die Huis het ons 20 dae gelede die wysiging aan die Wes-Kaapse Padvervoerwet bespreek en eenparig goedgekeur. Ons standpunt was dat dit die verantwoordelikheid van die agb Minister was om daardie Wet toe te pas. Twintig dae later het ons weer 'n debat aangevra om die saak te bespreek wat ons destyds breedvoerig bespreek het.

Ek wonder of dit eintlik 'n proses is hierdie om goedkoop politieke punte aan te teken. [Tussenwerpsels.] Die persoon wat hierdie debat ingelei het, het oor hierdie saak gepraat. Daar is lank gelede al besluit dat die kwessie van openbare vervoer gedepolitiseer moet word. Soos ek hier staan, wonder ek of die aangeleentheid nou verpolitiseer word. Openbare vervoer moet nie verpolitiseer word nie. Dit is reeds lankal besluit. Dit is die standpunt waaraan ons gehoor gee en dit is die standpunt wat die ANC steeds sal inneem. Om mense te vra om in T-hemde te kere te gaan of politieke partye by die vervoerdispuut te betrek, sal nie 'n oplossing verskaf nie.

Mnr die Speaker, ons s dat ons hier die nugter beskouing van die probleme wat openbare vervoer raak, nodig het. Ons s dat dit genormaliseer moet word. Die ANC het nog altyd sterk standpunt ingeneem dat ons enige dade van geweld verwerp. Ons keur geweld af. Ons kan nie aanvaar dat geweld gepleeg moet word nie. Ons verwerp intimidasie, uit watter oord dit ook al kom, want dit is nie 'n oplossing vir die probleme waarvoor openbare vervoer te staan kom nie. 'n Mens moet gaan sit om sake te bespreek. Daar moet onderhandelinge en besluite wees oor alle soorte probleme waarvoor die vervoerstelsel in die provinsie en op nasionale vlak te staan kom.

Mnr die Speaker, daar is sake hier wat aandag verg. Die normalisering van openbare vervoer verg besondere aandag van die agb Minister van Vervoer en Werke. Ons het 'n jaar gelede gewaarsku dat hierdie stel sake aandag verg. Dit was in Maart 1999.

Die sake sluit permitte en die spesiale wettigingsproses in. Destyds is 50% van die bedryf, veral in die woonbuurte vir Afrikane, uit die stelsel geskop. Ons het hieroor gewaarsku deur 'n memorandum van ongeveer drie bladsye, wat uiteengesit het wat gedoen moet word.

Die reaksie wat ons in daardie stadium ontvang het, het nie noodwendig ges dat hulle hierdie probleme sou oplos nie. Nou kom ons 'n jaar later hierheen met dieselfde saak en die tydbom het ontplof.

Wat ons nou nodig het, is 'n oplossing. Daardie oplossing vir die kwessies wat geidentifiseer is, moet die volgende wees: die uitreiking van die permitte moet bespoedig word en die operateurs wat uit die stelsel uitgesluit is, moet in die stelsel aanvaar word. Dit geld almal wat aansoek gedoen het en wat nie noodwendig in aanmerking gekom het nie omdat hul motors nie in daardie spesifieke persoon se naam geregistreer is nie, maar dalk op di van 'n neef. Ons weet almal dat die rede waarom mense 'n motor moet koop deur van 'n neef se naam gebruik te maak, die feit is dat die kredietburo's nie toelaat dat werklose mense finansiering bekom nie. Die neef of iemand anders staan dus vir hulle in.

Dit is 'n politieke kwessie hierdie. Ons het politieke besluite gerf wat toegepas is, en dit moet polities opgelos word. Dit is nie 'n meganiese of administratiewe kwessie nie. Dit is wat ons moet agterkom.

Daar is ook die kwessie van wie die permitte uitreik, die Plaaslike Padvervoerraad. Ek dink die agb Minister stem saam met die standpunt wat voorheen met hom bespreek is, naamlik dat hierdie saak dringend aandag nodig het, nou aandag nodig het. Dit beteken 'n verteenwoordiger in daardie raad en dit beteken dat ander mense betrokke gemaak word om die toestand te normaliseer. Die kwessie is die bespoediging van die uitreiking van permitte. Dit is nou nodig.

Dan is daar al diegene wie se besonderhede op die databasis in die departement vasgel is, diegene wat aansoek gedoen het maar nie in aanmerking gekom het nie. Ons moet dink oor watter meganisme of kwytskelding om te gebruik, met inbegrip van die verlenging van die moratorium op diegene wie se motors ledig rondgestaan het omdat die stelsel hulle administratief uitgeskop het. Dit is die mense wat in die stelsel was. Ek praat nie van di wat op hierdie oomblik by die stelsel aansluit nie, want hulle sal die konvensionele metode gebruik deur aansoek te doen.

Mnr die Speaker, ek wil na die subsidiekwessie terugkeer. Ons is bekommerd oor die subsidie. Die uitreiking van subsidies vir klein- en mediumondernemings moet aandag kry. Ons weet dat dit 'n nasionale bevoegdheid is, maar ons wonder of die spel in ons provinsie volgens die rels gespeel word ten opsigte van subsidies vir die bestaande operateurs. Ons vra dat die agb Minister daarop moet ingaan. Ons glo dat daar 'n mate van onbehoorlike of ontoepaslike optrede is wat daar buite geskied, wat die probleme van openbare vervoer waarvoor ons 'n oplossing probeer vind, sal vererger.

In die kontrakstelsel is een oplossing die bespoediging van die inbring van klein- en mediumondernemings in gesamentlike ondernemings in die openbare vervoerstelsel. Dit kan nie nog vyf jaar of twee jaar of selfs een jaar wag nie. Dit moet onmiddellik op die agenda geplaas word sodat die koek op 'n gepaste wyse gesny kan word in die voorsiening van 'n openbare vervoerstelsel. Die syfers sal ons meedeel watter persentasies deur alle vervoermetodes in openbare vervoer verskaf word. Ek gaan nie op die besonderhede daarvan ingaan nie.

Mnr die Speaker, ons in die ANC is bereid, en sal steeds bereid wees, om deel uit te maak van die proses wat die agb Minister daargestel het. Hierdie proses gaan so ver dat mense versoek word om te help, dat mense van buite by die proses moet aansluit en help om oplossings vir die probleme te kry. Dit vra van hulle om voorleggings te maak, konkrete voorleggings, wat ons sal help om oplossings te kry. Ons is nie bereid om hierdie saak te verpolitiseer nie.

Ons belang l by die mense, die mense wat lang afstande loop om by die busse te kom en wat op 'n daaglikse grondslag van openbare vervoer gebruik maak. Wat ons in die ANC s, is dat ons bekommerd is, en dat ons bekommerd sal bly, oor die feit dat daardie mense in die middel van hierdie twis vasgevang is. Hoe gouer ons 'n oplossing vir hierdie sake kry, hoe beter. Ek het tot dusver samesprekings hieroor met die agb Minister gevoer en ek sal voortgaan met samesprekings om te probeer om blywende oplossings in die openbare vervoerstelsel te kry.

Ek wil laastens s, mnr die Speaker, dat ons hier en nou moet saamstem dat een van die sleutelkwessies, die 50:50-persentasie in openbare vervoer verskaffing, skriftelik uitgedruk moet word in die kontrakstelsel wat op hierdie oomblik verwerk word. Dit is die kontrakstelsel waarvan ek s dat dit bespoedig moet word. Watter busmaatskappy ook al aansluit - dit sou Golden Arrow of Monix of Chilwan's kon wees - die klein- en medium ondernemings moet op 'n 50:50-grondslag aanvaar word en hulle moet as gelykes beskou word. Ons kan dit nie doen met aandeelhoudings van 5% of 2%, soos waarvoor tans voorspraak gemaak word nie, waar aangevoer word dat die klein- en medium ondernemings slegs 'n 2% aandeel kan h. [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Mnr die Speaker, dit is met 'n tragiese gevoel van dja vu dat ek vandag aan hierdie debat deelneem. Elke paar jaar, so gereeld soos klokslag, beleef ons 'n terreurbewind wat gepleeg word deur mense wat met mag en geweld die reg opeis om aan ander voor te skryf hoe hulle hul lewens moet lei. Hierdie optrede neem die mense se vryheid van keuse weg; dit vernietig watter regsorde daar mag wees; dit bedreig die reg op lewe; en dit ondermyn inderdaad die grondslag van ons demokrasie en ons Grondwet.

Ons in die DP sluit by ander agb lede aan deur ons baie opregte medelye te betuig, nie net met diegene wat gesinslede verloor het nie, maar ook die mense wie se lewens op die heel minste ernstig verontrief word deur die ontwikkelinge van die afgelope week.

Mnr die Speaker, my eerste direkte ervaring van taxi-oorlogvoering was in die vroer 1990s. Dit was een van die mees traumatiese ondervindings van my lewe. Twee taxiverenigings - destyds was dit Webta en Laguna - het mekaar die stryd aanges vir beheer oor roetes en staanplekke. Daar bestaan by my min twyfel dat elemente in die veiligheidsmagte tydens daardie tragiese tydperk in ons geskiedenis konflik tussen die strydende partye in die aanloop tot die eerste demokratiese verkiesing aangewakker het. Dit was 'n baie tragiese tydperk en dit het wonde gelaat wat vandag nog van tyd tot tyd oopbars.

Nou, mnr die Speaker, is dit nie die taxi's teen die taxi's nie, maar die taxi's teen die busse. 'n Mens kan deur die o van baie van die partye na hierdie krisis kyk - en ek ervaar veral empatie met die busbestuurders wat hul lewens tot dusver gewaag het - maar vandag wil ek aan hierdie vraagstuk aandag gee uit die perspektief van die kinders en hul ouers, vir wie die ontwrigting en die trauma baie wesenlik was.

Die Veilige Skole Eenheid in die Departement van Onderwys het al die gebiede besoek wat geraak is. Hierdie eenheid het verslag gedoen dat die ontwrigting vir skoolonderwys op sekere dae baie wesenlik was. In een stadium het die departement ondersoek ingestel na die instelling van afsonderlike vervoer vir die kinders. Die ouers het ons egter meegedeel dat dit geen sin sou maak om dit te doen nie, omdat hulle steeds bang was dat hul kinders aangeval sou word, ongeag van watter alternatiewe vervoer tot die taxi's verkies is.

Mnr die Speaker, dit is heeltemal ongeoorloof dat kinders vanaf 05:30 lang afstande in die ren moet loop om by die skool te probeer uitkom. Met hul knipkaarte kan hulle vir R30 per week van verskeie bestemmings by die skool uitkom. Afhangende van waar hulle vandaan kom - en hoeveel vervoerveranderinge hulle moet maak - kan dit per taxi daagliks soveel kos as wat dit weekliks per bus kos. Maar hierdie kinders, met die steun van hul ouers, was vasbeslote om by die skool uit te kom, en ek het gesien hoe hulle op 'n gereelde grondslag oor die Mew Way-brug in Khayelitsha stroom om by 'n bus te kom.

Mnr die Speaker, ek was Vrydag vir die derde maal daar om myself na 'n week van gietende ren van die toestand te vergewis. Die kinders moet met die lang ry busse langs en tussen skares mense loop en van bus tot bus navraag doen oor watter een hulle waarskynlik die naaste aan hul bestemming sal bring. Vanwe die krisis is die verkeersknope erger as wat dit ooit tevore was en selfs al haal hulle die bus om 07:30 is hulle nog steeds laat vir skool in die stad.

Mnr die Speaker, ek het Vrydag per bus van Khayelitsha gereis saam met 'n 7-jaar oue meisie wat sedert 06:00 van Mandalay geloop het. Sy het daarin geslaag om teen 07:15 'n bus te kry en te haal, en om 08:15 het ons nog steeds in 'n verkeersknoop op die N2 gesit. Dit het gelyk asof hierdie klein dogtertjie stosyns alles sonder buitengewone inspanning gedoen het; soos te verstane was dit die ouer mense wat meer luidrugtig en meer uitgesproke oor hul regte was. Sy het ges dat wat haar bekommer het, was dat sy, wanneer sy by die skool kom, in die moeilikheid sou kom omdat sy laat is. Dit is wat haar daardie oggend die meeste bekommer het.

Mnr die Speaker, ons kan welsprekend rondom die kwessies praat - en ek stem met die agb lid mnr Louis saam dat die oorsake hoofsaaklik ekonomies en regulerend is - maar ek dink dat wat geregverdig is, 'n baie ernstige ondersoek na die regulerende stelsel is. Ek glo dat daar hier dalk net so 'n skandaal kan wees as in die visbedryf. Ons moet nie net na die Plaaslike Padvervoerraad en die lisensiringstelsel kyk nie, maar ook na die gebruik om lisensies verder aan te verkoop. Ons het 'n groot kommissie van ondersoek na hierdie aspek nodig.

Mnr die Speaker, die mees tragiese aspek van dit alles is dat die strydende faksies - en veral die taxi's - in die navolging van hul enge ekonomiese belange besig is om die ekonomie van die Wes-Kaap te vernietig. [Tussenwerpsels.] As dit gebeur, sal daar hoegenaamd geen basis vir die taxibedryf wees nie. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ek wil graag die volgende punt maak. Die belangrikste verpligting wat ons het ...

Die SPEAKER: Orde!

Die MINISTER: ... is om die omgewing te beskerm wat geraak word deur hierdie geweld waaronder mense leef en werk. Ons in die DP doen 'n beroep op die agb Minister van Vervoer en Werke om die bevoegdhede te gebruik waaroor hy beskik om die regsorde in daardie gebiede te herstel.

Mnr H A LEWIS: Mnr die Speaker, ek wil graag die agb Minister van Vervoer en Werke en die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning bedank vir die indringende gesprekvoering met alle rolspelers, wat verlede week 'n aanvang geneem het. Tydens die laaste debat wat ons in die Huis oor taxigeweld gehad het, het die UDM gepleit dat die agb Minister van Vervoer en Werke onderhandeling en gesprek moet hervat en dat hy die goedgekeurde wetgewing as 'n onderhandelingsmeganisme moet gebruik.

Die agb Minister van Vervoer en Werke is werklik gekonfronteer met 'n baie sensitiewe aangeleentheid want, glo my, as hy nie die taxistaanplekke sluit nie, gaan en sal hy gekritiseer word. As hy dit mre sou sluit en die geweld eskaleer of spoel oor na ander plekke, sal hy ook gekritiseer word. Dit is 'n kwessie van ses van die een en 'n halfdosyn van die ander.

Die ongerief, fisies en finansieel, wat pendelaars oor die afgelope weke ervaar het, is vir die UDM totaal onaanvaarbaar. Die dood van taxi- en busbestuurders is 'n aanklag teen die vestiging van 'n demokrasie in ons land. Die UDM wil ook langs hierdie weg sy simpatie betuig teenoor gesinne en families vir verliese wat hulle gely het.

Dog, mnr die Speaker, gegewe die komplekse dinamika waarin die geweld afspeel, het die agb Minister redelik goed gedoen. By tye skyn dit egter asof hy wil terugdeins, veral wanneer ander rolspelers onredelike of selfs onuitvoerbare eise begin stel, en dat hy dan nie in gespek met hulle wil tree nie. Gesprekskonflik en 'n konflik in denke hoef nie noodwendig negatief te wees nie. Inteendeel, dit bied 'n mens die geleentheid om andere te oortuig van dit wat reg en moreel aanvaarbaar is. As Minister het hy ten minste die wetlike raamwerk wat hom beskerm en waarop hy kan terugval. Hy moet dit gebruik.

Ek wil ook die nasionale departemente van Vervoer en van Veiligheid en Sekuriteit bedank vir versterkings wat na die provinsie herontplooi is. Moontlik moes dit vroer al gebeur het.

Mnr die Speaker, ek wil afsluit en my kommer uitspreek oor die feit dat ek voel die agb Minister - en dit geld alle agb Ministers in die Huis - nie die geweldige potensiaal wat in staande komitees is, gebruik nie. Die staande komitee wat handel met vervoer kon 'n belangrike ondersteunende en fasiliterende rol in die oplossing van die taxi-geweldsituasie gespeel het, en dit is nie gebruik nie. Aan die einde van die dag behoort dit nie te gaan oor wie krediet kry vir die oplossing van probleme nie, maar oor maksimale dienslewering aan die mense in die Wes-Kaap.

Aangeleenthede waarna die Departement van Vervoer en die staande komitee kon en moet kyk - en dit kan moontlik vir ons 'n oplossing bied vir die dilemma waarmee ons te kampe gehad het - sluit onder andere in: die toepassing van wettige bestaande kontrakte; die beskerming van pendelaars en hul reg om die vervoer van hul keuse te gebruik; die oophou van kommunikasie kanale vir verdere en volgehoue gesprek en onderhandeling; om te kyk na die hele kwessie van subsidiring van openbare vervoer in die bre; die wettiging en uitreiking van permitte en gebruik van roetes; en 'n soeke na oplossings vir die spanning wat tans bestaan as gevolg van kompetisie en die mark, aan die eenkant, en oorlewing, veral van taxi-eienaars, aan die anderkant.

*Me N C PHENDUKA: Mnr die Speaker, 'n paar weke gelede het ons 'n spesiale sitting gehad met die oogmerk om aan die agb Minister van Vervoer en Werke die vermo te verskaf om geweld in die taxi- en busbedrywe te hanteer.

My kiesafdeling is Khayelitsha en ek woon onder daardie omstandighede. Ek lees ongelukkig nie daarvan in die koerante nie; ek lei daardie lewe. Ek is nie seker of die agb Minister wat aan die debat deelgeneem het, probeer om meerderwaardig te wees of bloot om 'n swartgallige prentjie van Khayelitsha voor te hou nie. Agb lede het in die Huis medelye betuig met die gesinne van mense wat onder hierdie omstandighede gesterf het. Wat word deur die Provinsiale Regering gedoen? Die koalisieregering doen niks nie. [Tussenwerpsels.]

Ons is na die Huis ontbied vir hierdie debat. [Tussenwerpsels.] Op hierdie oomblik is ons veronderstel om in ons kiesafdelings te wees om te probeer om die probleme op te los, maar ons is na 'n sitting van die Huis ontbied om te beraadslaag oor die lewens van mense wat swaarkry. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ek het oor die situasie verslag gedoen ... [Tussenwerpsels.] ... in my kiesafdeling en ges dat ons die agb Minister bemagtig het om die situasie te hanteer - hy is in staat om die geweld te hanteer. Gemeenskappe het gehoop dat hulle sou sien dat iets gedoen word, maar dit was tevergeefs - daar is geen verandering nie. Die situasie is nog steeds dieselfde.

Mnr die Speaker, ek sou graag wou vra waarom dit so is. Is dit omdat dit 'n gedeelte van die bevolking van hierdie provinsie raak wat nie vir die Wes-Kaapse Regering baie belangrik is nie? [Tussenwerpsels.] Die meeste slagoffers in hierdie skandaal is vroue, kinders en die gestremdes. Dit is die mense wat die swaarste ly.

Ons sit in die Huis en probeer om die situasie te verpolitiseer. Die agb lid wat die debat oor hierdie saak ingelei het, het inderdaad die saak by die agterdeur uitgegooi deur dit te verpolitiseer en die ANC by die prentjie in te sleep. Is dit omdat die ANC deel uitmaak van Khayelitsha en hulle nie deel van Khayelitsha uitmaak nie? Wat probeer hulle in die Huis bewys?

Mnr die Speaker, mense moet nog steeds groot afstande na die N2 loop om die busse te haal. Hulle doen dit nog steeds! As 'n mens na die Hansard kyk, sal jy sien dat ek in my laaste toespraak die kwessie opgehaal het van mense wat groot afstande loop. Die situasie is steeds dieselfde; niks het verander nie. Wat kom ons vandag in die Huis debatteer? Wat wil ons uiteindelik bereik? Wat sal ek hieruit kry? Waarom is ons na 'n sitting van die Huis ontbied?

Die kinders ly; hulle staan tot in die middag in toue om by die skool te probeer uitkom. Die agb Minister van Onderwys het hier 'n glinsterende prentjie voorgehou deur te s dat sy met di en daardie een gepraat het, dit en dat gedoen het, en op 'n bus was. Dit is nie 'n ware weergawe van die toedrag van sake nie. Ons moes kinders vergesel wat skool toe gaan. Ek moes 'n rygeleentheid aan my bure se kinders gee omdat hulle nie skool toe kon gaan nie. Wat doen die Regering? Die agb Minister van Onderwys is deel van die koalisieregering. Die agb Minister het 'n voorkeur - wat sy daargestel het. Wat doen sy omtrent haar voorkeure?

Een van die voorkeure van die agb Minister van Onderwys is tyd aan taak, wat op hierdie oomblik geraak word deur hierdie wanordelike maatskaplike toedrag van sake. Uiteindelik gaan die oordeel oor die kinders en die onderwysers gevel word dat hulle nie presteer het nie. Wie moet daarvoor geblameer word? En die skole sal gesluit word omdat hulle nie presteer het nie. [Tussenwerpsels.] Sal sy op hierdie oomblik op die situasie ingaan? [Tussenwerpsels.] Sy sal weer hier opstaan en s: "Daardie swartes, daardie skole, het nie presteer nie," en sy sal die skole sluit.

Mnr die Speaker, hospitale word geraak. 'n Kind in die hospitaal in Site B is geskiet en het op die toneel gesterf omdat daar nie dokters was nie. Ek is bekommerd oor die toedrag van sake in die Huis. Ons hou aan om hier stories te vertel asof ons deelneem aan 'n toneelopvoering. Dit is nie 'n toneelopvoering hierdie nie; dit is die lewe - dit is 'n werklikheid. Ons lees nie koerante nie; ons kan nie op die koerante staatmaak nie. Ander sektore word ook geraak, soos sake - om die waarheid te s almal word geraak; die lewe is in 'n toestand van chaos.

Nogtans is ons na hierdie debat ontbied. Waaroor voer ons debat? Die agb lid mnr Ramatlakane het dit duidelik gestel toe hy ges het dat 'n program reeds daargestel is; al wat nodig was, is iemand om dit in werking te stel. Waarom stel die agb Minister van Vervoer en Werke nie die program in werking wat op die tafel is nie? Waarom het hy ons na die Huis ontbied om hieroor debat te voer terwyl ons veronderstel is om in ons kiesafdelings te wees om aandag aan die massas te gee?

Mnr die Speaker, ek doen dus 'n beroep op die agb Minister om die Provinsie ongeag partygrense te lei en te regeer, want ons het met lewens te doen en mense is besig om te sterf. Ek doen 'n beroep op daardie organisasies wat van mening is dat dit 'n partypolitieke proses is - die stadion was vol mense wat toegespreek is - om nie politiekery met ons lewens te bedryf as hulle nie in Khayelitsha of Guguletu woon nie. Hulle moet nie in Constantia woon en ons gebiede dan ten koste van ons binnedring nie. Die partye wat aan die verkiesings wil deelneem, moet gaan en hul verkiesingsprogramme opstel, en nie lewensprogramme nie. [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, ek het gehoor hoe die vorige spreker, die agb lid me Phenduka, gepraat het oor waarom hierdie aangeleentheid in die Huis opgehaal is. Ek glo dat dit ter wille van goeie regering is, en aangesien my kollega in beheer van Vervoer in hierdie Provinsie is, is dit bloot goeie en behoorlike regering dat hierdie aangeleentheid in die Huis gedebatteer word.

Wat ek aan die agb lid me Phenduka wil vra, is waarom sy nie dieselfde vraag aan haar kollegas in die Nasionale Vergadering stel nie. [Tussenwerpsels.] Waarom s sy nie dat ons hierdie Wes-Kaapse vraagstuk 'n bietjie later in hierdie week in daardie raadsaal sal wil debatteer nie? [Tussenwerpsels.]

Ek het baie versoeke van die ander kant van die Huis gehoor dat hierdie aangeleentheid nie verpolitiseer moet word nie. Aan die een kant het die agb lid mnr Ramatlakane aan die begin van sy toespraak ges dat die aangeleentheid nie verpolitiseer moet word nie, maar aan die ander kant het hy toe ges dat die saak net deur 'n politieke oplossing uitgestryk sal kan word. Hy moet besluit waarvan hy eintlik praat.

Ek dink dit is kernbelangrik, in die lig van die verontwaardiging wat ten opsigte van sekere skimpe deur die agb lid mnr Dugmore aan die ander kant uitgespreek is, dat 'n mens na die feite van die situasie moet kyk.

Ten eerste is die ANC die Regering van hierdie land. Die ANC is in beheer van vervoer in hierdie land, maak die wette wat die paaie van hierdie land beheer en het die verwarrende herkapitalisasieproses wat plaasgevind het, teweeggebring. [Tussenwerpsels.]

*Mnr P C MCKENZIE: Dit is nie waar nie! Dit is nie waar nie!

Die SPEAKER: Orde! Orde!

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, met respek, die agb lid het ges dat dit nie waar is nie. Ek dink hy behoort uit te brei en te s op watter wyse ek die Huis mislei het.

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, ek sal graag reageer.

*Die SPEAKER: Orde! Orde! Nee, ek kan dit nie toelaat nie. Die agb Minister mag voortgaan.

*Mnr P C MCKENZIE: Ek sal graag reageer. [Gelag.]

*Die SPEAKER: Orde! Nee, ek kan dit nie toelaat nie.

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, om die feitelike ontleding te voltooi, dit is ook waar dat die ANC reeds die debat verpolitiseer het. Hulle, Cosatu en die SAKP het 'n optog gelei om te kom ... [Onhoorbaar.] ... my na die Provinsiale Regering, en die publiek probeer mislei om te dink dat provinsies in beheer van polisiring is. Die vraag wat gestel behoort te word, is waarom die ANC nie daardie optog na die Sentrale Parlement gelei het en aan hulle gevra het waarom hulle nie die toepassing van die wet afdwing nie. Dit is eweneens 'n onomstootlike feit dat die ANC op nasionale vlak die regering is en die enigste instelling is wat beheer het oor die polisie, die howe en die weermag.

Die vraag is: wie kan die meeste voordeel trek uit die geweld wat tans in die bedryf is? Kan enigiemand in hierdie Provinsiale Regering of enige van die mense in die Regering enigiets baat deur die geweld aan te blaas of selfs toe te laat dat dit voortduur? [Tussenwerpsels.] Ek dink dat daardie vraag gevra moet word, op dieselfde wyse as wat ons in die verlede gevra het hoe hierdie Provinsiale Regering op enige manier baat kan vind by stedelike terreur.

Dit is 'n feitelike stelling, mnr die Speaker, dat ek verlede Maandag die nasionale Kommissaris, mnr Selebi, wat later in die week hierheen sou kom, geskakel het. Ek het hom meegedeel dat die situasie onhoudbaar was en dat die aangeleentheid onmiddellik aandag moes geniet. Hy het sy planne verander en die volgende dag hierheen gevlieg en ons het 'n baie hovlak vergadering met die agb Minister van Vervoer en Werke en senior generaals van die weermag, asook 'n baie senior korps van die polisie, sowel provinsiaal as nasionaal, gehou. Ons het die aangeleentheid bespreek.

Ek sal nie ingaan op enige verdere besonderhede as wat algemeen bekend is nie. Wat algemeen bekend is, is dat die nasionale Kommissaris onderneem het om bystand met die probleem te verleen deur bykomende versterkings na hierdie provinsie te stuur en terselfdertyd onderneem het dat 'n aantal militre personeellede aan ons beskikbaar gestel sou word, en dat daardie toevoegings nasionaal befonds sou word. Ek is verheug om te s dat dele daarvan reeds uitgevoer is. [Tussenwerpsels.]

Ek moet egter s, en dit is wat my bekommer, dat ek die volgende oggend, Woensdagoggend, toe ons 'n enorme volskaalse operasie verwag het om die wet af te dwing deur die polisie meegedeel is dat hulle aanges is om die taxibestuurders saggies te hanteer omdat die nasionaal Minister van Veiligheid en Sekuriteit daardie middag met die taxibedryf wou om praat en probeer om 'n soort ooreenkoms te beding - sonder enige oorlegpleging met my kollega, wie se verantwoordelikheid daardie soort onderhandeling is! [Tussenwerpsels.]

Ek wil die vraag vra: wie in die polisie in Pretoria het daardie opdrag gegee dat die provinsiale Kommissaris en sy beamptes hier saggies te werk moet gaan met wetstoepassing? Dit l aan die kern van die erns van wat vandag in hierdie land aan die gang is. [Tussenwerpsels.] As dit die ANC pas, s hulle: "Wees kwaai met misdadigers! Dwing die regsorde af!" Maar as hulle politieke munt wil slaan, gee hulle aan die polisie die opdrag om saggies te werk met wetstoepassing. [Tussenwerpsels.]

Ek wil s dat ek om 08:00 meegedeel is dat sedert 05:00 vanoggend niemand ... [Tussenwerpsels.] Is dit 'n punt van orde?

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: die agb Minister het ges dat hy nie seker was wie die opdrag gegee het nie en toe het hy voortgegaan en die Huis meegedeel dat ons as die ANC die opdrag gegee het.

*Die MINISTER: Dit is nie 'n punt van orde nie.

*Me T ESSOP: Hy is besig om die Huis te mislei.

*Die SPEAKER: Orde! Orde! Nee, dit is nie 'n punt van orde nie. Die agb Minister mag voortgaan. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, hulle is so swak met parlementre prosedure as wat hulle met regering is. [Tussenwerpsels.]

Vanaf 05:00 tot 08:00 toe ek ingelig is, is nie een taxi geskud nie. Ek het my kollega geskakel en hom gevra om sy wetstoepassingsmense te versoek om te doen waarop ons reeds in ons taxigeweldtaakspan ooreengekom het. [Tussenwerpsels.] Ek het die provinsiale Kommissaris geskakel en hom meegedeel dat dit onaanvaarbaar was. Hy het my meegedeel dat hy in daardie besluitnemingsproses oor die hoof gesien is en dat hy nie eens daarvan ingelig is tot 'n uur vantevore nie. Ek het ges dat hierdie Regering verwag dat die volle regsorde afgedwing moet word, en van die oomblik wat ek met hom gepraat het, het hulle toe, binne die volgende vier uur, 97 taxi-operateurs in hegtenis geneem en die taxi's geskut, ... [Tussenwerpsels.] ... wat strook met waarop ons reeds in die provinsiale taxigeweldtaakspan ooreengekom het oor wat hierdie Provinsie behoort te doen. Ek het honderde en honderde taxi's van die strate verwyder en daar is die regsorde afgedwing. Ons het 'n sentraal gele terrein wat 600 taxi's kan hou. Ons is vas van voorneme om te verseker dat daardie plek, indien nodig, propvol is. [Tussenwerpsels.]

Om te s dat dit stille diplomasie is, is die swakste soort opportunisme wat 'n mens kan tekom. [Gelag.] Wat tragies is, soos by soveel ander misdaad in hierdie land, mnr die Speaker, is dat, terwyl mense sterf, agb lede aan die ander kant s dat hulle ernstig is omtrent misdaad, maar ek wil graag weet op watter wyse hulle ernstig is oor misdaad.

Sedert 1995 het hulle slegs 112 nuwe polisierekrute na hierdie Provinsie gestuur. Hulle het nie een nuwe speurder by die speurakademie opgelei nie, maar di uit ander provinsies word opgelei. Ek lei tans 161 polisiereserviste by Oudtshoorn op, wat meer is as wat hulle sedert 1995 gestuur het. [Tussenwerpsels.] Ons gaan uit en smeek die sakegemeenskap om daardie polisie-amptenare voltyds in diens te neem om die polisiesterkte in hierdie provinsie op te stoot, want hulle is met 3 500 polisiebeamptes onder sterkte.

Ek het egter 'n probleem ten opsigte van die wyse waarop hulle polisie-operasies op die oomblik bedryf, en ek wil s dat dit nasionaal gedrewe is. Die provinsiale Kommissaris, ondanks sekere pogings, is besig om uitstekende werk te verrig. Dit is 'n uitstekende taak met die beperkte hoeveelheid kapasiteit waaroor hy beskik. Waarmee ek 'n ernstige probleem het, is dat hy van nasionale vlak opdrag gegee word om op 'n sekere wyse op te tree. Daar het ek 'n probleem, want die wyse waarop hulle van hierdie operasies struktureer, ondermyn die dienslewering van die polisie op ander terreine.

Die agb lid me Phenduka het aangehou praat oor Constantia en plekke soos dit. S sy dat daardie mense nie burgers van die land is nie en dat hulle nie toegelaat word om hul grondwetlike regte te geniet nie? Hulle word nie toegelaat om die grondwetlike reg van 'n veilige omgewing te geniet nie - is dit wat sy s? [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, weet agb lede dat daar in 15 polisiekantore in die Westelike Metropool nie meer 'n sigbare polisiringsvermo is nie? Eers as 'n misdaad gepleeg is, kan hulle daarop reageer, indien hulle gelukkig is! En hulle kan nie 'n reaksietyd waarborg nie. [Tussenwerpsels.] Dit is nie oordrewe nie. Dit is 'n feitelike stelling. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde!

Die MINISTER: Die tragedie daarvan is dat hoe meer hulle s dat daar nie 'n probleem is nie, hoe meer word mense vermoor en verkrag. [Tussenwerpsels.] Hulle moet nie oor bloed aan enige hande aan hierdie kant praat nie. Hul Regering moet praat oor bloed aan hul eie hande. [Tussenwerpsels.] Die nasionale Minister van Veiligheid en Sekuriteit het ges dat mense wat polisiebeamptes skiet en doodmaak skuldig bevind moet word aan 'n verraadverwante misdaad. Ek het dit voorheen ges en ek herhaal dit teenoor die Huis: 'n regering wat toelaat dat mense doodgemaak word op die wyse wat in hierdie land voorkom en dat polisiebeamptes teen 'n tempo van meer as 200 per jaar doodgemaak word, is skuldig aan 'n verraadverwante misdryf. Hul Regering is skuldig aan 'n verraadverwante misdryf.

Hulle het die goeie trou van die kiesers van hierdie land ondermyn. Hulle kan op geen wyse hoegenaamd daarvan wegkom nie. Hierdie land word tans deur misdaad geteister. Dit word tans deur misdaad geteister.

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Die MINISTER: En hul Regering moet die bloed aan hul hande h.

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: die agb Minister het ges: "En hul Regering moet die bloed aan hul hande h." Is dit parlementr?

*Die SPEAKER: Orde! Dit is in orde. Ja, hy kan dit in die algemeen s. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Dit is heeltemal in orde. [Tyd verstreke.]

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, ek wil uit die staanspoor een vinnige onderskeid tref: ons moet nie ons soeke na oplossings en 'n openbare vervoerstelsel wat werk, verpolitiseer nie, maar as ons te doen het met of 'n regering besig is om sy plig te versuim, moet ons as politici en die amptelike opposisie die kind by sy naam noem. Dit is waarmee ons vandag in hierdie debat besig is.

Sedert die krisis in die vervoersektor begin het, soos baie agb lede uitgewys het, het ons die sterftes beleef van mnr Ganuganu, mnr Mtshondo en mnr Swarts, en van die 15-jaar oue meisie waarna die agb lid me Phenduka as Zandile Smith verwys het, wat in die Khayelitsha Daghospitaal gesterf het, blykbaar omdat taxibestuurders dokters gedreig het en ges het dat hulle nie na die hospitaal moes kom nie. Ons het gesien dat daar op pendelaars geskiet word, dat hulle beseer en gentimideer word, en ons het gesien dat skoolkinders in gevaar gestel word op hul pad na die skool.

Mnr die Speaker, ons het ook gesien hoe Golden Arrow prakties gesproke uit plekke soos Khayelitsha en Nyanga geskop is, en pendelaars is hul vryheid van keuse ten opsigte van hul vervoermetode onts. Ten spyte van die weer is pendelaars verplig om groot afstande te stap as hulle hul knipkaarte op die busse wil gebruik. Baie pendelaars het laat vir werk opgedaag en, soos reeds uitgewys, baie skoliere het laat opgedaag vir skool. Ons het gesien hoe "Gabs" - Golden Arrow Bus Services - se werkers onder die dreigemente van dood of besering gewerk het. Hulle staan ook onder dreigende uitdiensstelling en verkorte skofte as busroetes nie genormaliseer word nie; en townshipbestuurders moes ook uit hul huise vlug.

Mnr die Speaker, ons het opruiende stellings gehoor deur mense wat hulself as taxileiers voorgedoen het, wat die hele provinsie met geweld gedreig het. Ons het gesien hoe vervoerroetes deur f taxi's f busse geblokkeer word soos hulle probeer het om hul standpunte uit te druk. Ons in die ANC het met groot spyt verneem van die aanranding op en hospitalisasie van een van ons leiers in die Khayelitsha-gebied, mnr Khaya Magaga, terwyl hy besig was met sy werk. Al hierdie gebeure vorm 'n krisis in die vervoerstelsel van die Wes-Kaap.

Juis vanwe die aard daarvan, indien vervoer in 'n krisis verkeer, raak daardie krisis duisende ander mense wat van vervoer afhanklik is. Daar is 'n regverdigbare versoeking vir ons om al ons prioriteite te konsentreer op die onmiddellike herstel van vrede, en wat die belangrikste is, is dat ons pendelaars dit wil h en ons gemeenskappe vrede wil h.
Mnr die Speaker, in hierdie krisis moet ons vra - en nie op die wyse waarop mnr Isaacs dit gedoen het nie - wie word bevoordeel? Ten spyte van die onstabiliteit in die vervoersektor lyk dit asof die mense in die taxibedryf diegene is wat voordeel trek uit hierdie krisis. Dit lyk asof hulle voordeel trek daaruit dat die Provinsiale Regering sloer, uit uitgerekte en eindelose onderhandelinge, en uit 'n gebrek aan politieke wil om vrede teweeg te bring, want solank die krisis voortduur, het hulle meer as wat hulle wil h.

Die taxibedryf het vrye toegang in die township; nie vir vyf dae van die week of oor naweke nie, maar vir sewe dae van die week - die busse is uit. Hulle trek voordeel uit 'n situasie waarin pendelaars geen keuse het nie, want soms gebruik pendelaars die vervoer wat onmiddellik beskikbaar is. Hulle het prakties gesproke 'n monopolie oor vervoer en in 'n krisissituasie is hulle die enigste wenners, veral as Golden Arrow oor die lang termyn gedwing word om aan personeel te besnoei, want dit is nie lewensvatbaar om aan te hou betaal vir werk wat nie gedoen word of pendelaars wat verlore gaan nie.

Mnr die Speaker, die krisis op regeringsvlak is veroorsaak omdat die taxibedryf nie ons Regering ernstig opneem nie. Hulle is nie seker wie in beheer van Vervoer in die Provinsie is nie. Is dit die agb Minister van Vervoer en Werke, of is dit die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning? Die eerste stelling deur die Provinsiale Regering is deur die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning gemaak, wat herkapitalisasie geblameer het. Hy het gensinueer, op dieselfde wyse as wat hy dit vandag gedoen het, dat dit die nasionale Minister van Vervoer en die nasionale ANC-Regering is wat vir die krisis geblameer moet word. Dit is 'n poging om die gemoedere weer gaande te maak, en dit is f uiters onnosel f uiters slim. Ek is bevrees dat dit uiters slim mag wees, maar ek hoop dat dit uiters onnosel is.

Hoe kan 'n mens 'n regering ernstig opneem wat so stadig optree? Kom ek s vir die rekord dat ander provinsies twee jaar gelede wetgewing in werking gestel het om die taxibedryf te hanteer. 'n Jaar gelede het die agb lid mnr Ramatlakane 'n memorandum aan die agb Minister van Vervoer en Werke gestuur. Die antwoord deur die agb Minister in die Huis was: "Ek weet hoe om my werk te doen."

Mnr die Speaker, ek sou Soshanguve graag as 'n voorbeeld wou noem. Verlede jaar is die taxistaanplekke vir twee maande gesluit, die bedryf is skoongemaak, vrede is herstel en die vervoerstelsel is aan die werk.

Op 16 Mei 2000 - 51 dae na die vervoerkrisis begin het - is wetgewing na die Huis gebring. Ons het nou die wetgewing, maar geen optrede nie. Op 30 Mei 2000 - twee weke later - het die agb Premier in 'n verklaring ges waaroor die Cape Times berig het, en ek haal aan:

"I have called on my MEC of Transport ... and MEC of Community Safety ... to talk to Selebi and deputy national commissioner Andr Pruis this morning to arrange for an increased police presence backed up by the army."

Hulle behoort sekerlik na die debatte in die Huis te geweet het dat hulle samesprekings oor die saak moes voer sodra die wetgewing goedgekeur is, maar hulle het dit eers twee weke later gedoen.

Mnr die Speaker, hoe ernstig sal die taxibedryf iemand opneem wat so wesenlik onseker is van of hy gaan optree of nie gaan optree nie? En dan dink hy hardop elke keer as hy van plan verander! Ek is seker dit moes vir die pers nogal 'n verleentheid gewees het om te dink oor hoe die agb Minister van plan verander het oor of hy gaan optree of nie. Ons het byvoorbeeld in die pers gelees - "I will hold the taxis", "Closure looms for the taxis", "Danny Abrahams says the legislation is published tomorrow. Mr Meyer will then have the power to close the taxis", "Piet Meyer now has the power to shut down taxis, but has decided against it until a real need arises." As die agb Minister nie weet wat hy doen nie, hoe kan hy ernstig opgeneem word? Hoe kan die agb Minister van taxi's verwag om met respek te onderhandel as hy wesenlik onseker is? As die agb Minister nie weet wat om te doen nie, moet hy stilbly en iets s wanneer hy gereed is om op te tree. Maar as die agb Minister praat elke keer as hy van plan verander, is hy in die moeilikheid; hy kan nie ernstig opgeneem word nie.

Mnr die Speaker, hoe ernstig kan die taxibedryf die Regering opneem as die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning, in reaksie op die opruiende stellings oor die sluiting van die stad en teenoor diegene wat hulle aan geweld en moord, en so meer, skuldig maak, s: "Hoewel ek nie al die besonderhede aan u kan verstrek nie, moet ek u meedeel dat ons nie sag met die oortreders te werk sal gaan nie; ons weet wie hulle is en sal binnekort arrestasies maak." Die punt is dit: is die mense wat ges het dat hulle die stad sal afbrand en dit tot stilstand sal laat kom, vry of nie? Dit is daar waar ons moet sien dat iets gebeur.

Hoe ernstig word die agb Minister opgeneem as die taxibedryf weet dat hy een stel polisiringstandaarde in Khayelitsha sal toepas en 'n ander in Constantia? [Tussenwerpsels.] Hoe ernstig sal hulle hom opneem as hulle weet dat die agb Minister van Onderwys by die Direkteur-generaal se vergadering instap en s, "Ek wil h dat die polisie en die weermag nou gemobiliseer moet word", en 'n paar ure later word dit gedoen, maar hulle bly stil as 'n wesenlike krisis in plek soos Khayelitsha en Nyanga ontvou?

Mnr die Speaker, die belangrikste is, kan ons 'n Minister ernstig opneem wat op 9 September 1999 in sy visiestelling in die Huis, in die een paragraaf waar hy na taxi's verwys en oor die minibus-formaliseringsproses gepraat het, ons meegedeel het dat, en ek haal aan uit Hansard: Wes-Kaap, deel 2, bl 241:

Die eerste stadium om die minibus-taxibedryf te reguleer en te beheer deur alle wettige permitte en radius- na roetegrondslag te omskep, sal teen die einde van vanjaar voltooi wees.

Dit is in September 1999 ges. Die einde van daardie jaar het gekom en gegaan. In daardie belofte gaan hy voort, en ek haal aan:

Die reguleringsproses van minibus-taxiverenigings en -operateurs sal ook voltooi wees.
 
Mnr die Speaker, die kwessies wat die sterftes, die geweld en die petrolbomme veroorsaak het en die pendelaars hul keuse ontneem het, het teruggekeer om in Mei 2000 by ons te kom spook. Dit is omdat die agb Minister die Huis wil bendruk met sy visiestelling in September 1999 en omdat hy beloftes gemaak het wat hy nie opgevolg het nie of omdat hy nie daarin geslaag het om te doen wat hy in die Huis onderneem het om te doen nie. Nou kom ons voor die gevolge te staan wat voorspel is toe hy ons meegedeel het, "Ek weet hoe om my werk te doen."

Mnr die Speaker, hier is die ander beloftes wat die agb Minister gemaak het - daar kan nie fout gevind word met die visie nie - en ek haal weer aan op bl 241:

Die kapasiteit van die minibus-taxibedryf om in formele kontrakte deel te neem, sal ontwikkel word. Die bedryf sal bygestaan word met opleiding en die vorming van provinsiale samewerking.

Ek glo nie dat daar eers hiermee begin is nie. Ek haal nie aan wat enigiemand aan hierdie kant van die Huis ges het nie - ek haal die agb Minister aan.

Ten spyte daarvan dat die agb Minister nie daarin geslaag het om sy woord te hou en sy beloftes na te kom nie, kan daar - en ek beklemtoon dit - kan daar geen uitweg van geweld vir enige party wees nie, veral nie in die taxibedryf nie. Ons moet egter s dat indien die agb Minister gedoen het wat hy ges hy sou doen, dan sou ons miskien nie weer eens aan hierdie debat deelgeneem het nie.

Mnr die Speaker, lede van die DP het na die busbedryf gegaan, en dit is hul reg om soveel fotogeleenthede te kry as wat hulle wil h! Ek wil weet of hulle die ander kant van die koalisiekabinet ingelig het. Het die agb Minister van Onderwys die agb Minister van Vervoer en Werke daarvan vertel?

Ek sidder by die gedagte aan daardie toedrag van sake: die ergste wat sou kon gebeur, sou wees dat diegene wat op die busse geklim het, om watter rede hulle dit ook al gedoen het, die teikens van onstabiliteit word en dat die aandag aflei van die hoofkrisis, wat die uitwerking op swart lewens is, en die aandag gevestig het op die primadonnas wat geglo het dat hulle 'n punt wou maak. Ek s dit, selfs al was dit in 'n tydperk toe dit relatief veilig was en op 'n roete wat relatief veilig was. [Tussenwerpsels.]

Lewens in Khayelitsha en Nyanga is goedkoop. Ons het onmiddellike verklarings van veroordeling gesien toe lewens ongelukkig en onaanvaarbaar in Zimbabwe verloor is. Dit het die DP 'n lang ruk geneem om te mobiliseer en in hul kombi na Khayelitsha te gaan om op die busse te klim. Boonop was daar nie 'n woord van veroordeling te hoor van die DP nie - veral met hul slag om die pers so goed te benut soos wat hulle doen - totdat dit relatief veilig was.

Mnr die Speaker, ons hoop dat die traagheid wat die wyse oorheers het waarop hierdie Provinsie hierdie aangeleentheid hanteer het, nou tot 'n einde sal kom. Ek hoop dat die onderliggende oorsake hanteer sal word. Dit is geen probleem om hulle te identifiseer nie. Ons kollegas hier het dit deurgewerk, en hulle is gedentifiseer en daar is oor hulle ooreengekom. Ons moet die taxibedryf reguleer en ons hoop terselfdertyd dat dit terselfdertyd in 'n atmosfeer van dissipline en geen-verdraagsaamheid gedoen kan word.

Mnr die Speaker, ek glo dat die taxibedryf ons nie ernstig opgeneem het nie. Hulle moet die ystervuis ervaar sodat tonge met hul werk kan begin om 'n ooreenkoms uit te werk waarby gehou kan word.

Formalisasie was die oogmerk in die visiestelling van die agb Minister van Vervoer en Werke, en hy is tereg geprys toe hy daardie toespraak gelewer het, hoewel ons nie geweet het dat dit nie deurgevoer sou word nie. Die formalisasie van die verenigings en hul operateurs is absoluut gebiedend noodsaaklik, sodat ons 'n organisasie kan hanteer wat nie soos dryfsand is en rondskuif nie, maar een wat 'n definitiewe leierskap het en nie gedurig sy onderhandelaars verander nie. Ons moet 'n organisasie h met 'n lidmaatskap wat deur ons verantwoordelik gehou kan word.

Ons in die ANC sal 'n vennoot wees in enige proses om vrede te bewerkstellig. Of ons daarvan hou of nie, dit is die kiesers daardie wat in oorweldigende getalle vir ons gestem het. Hulle is ons mense en enige siniese opmerkings dat ons moontlik agter die verdierliking van en skrikaanjaging in ons eie kiesafdeling sit, moet verwerp word.

Mnr die Speaker, ek hoop dat die agb Minister van Vervoer en Werke, wanneer hy op die debat repliek lewer, homself opnuut sal verbind tot die langtermynoplossings; dat hy 'n deurlopende onderhandelingsforum sal voorstel sodat ons aandag kan gee aan die probleme soos dit ontstaan; en dat hy ook oor die transformasie van die Plaaslike Padvervoerraad sal praat. [Tussenwerpsels.] Dit is omdat ons nie net 'n verteenwoordigende raad nodig het nie, maar een wat volgens die beste maatstawwe werk.

Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE: Mnr die Speaker, ek wil graag alle agb lede bedank wat aan hierdie baie interessante debat deelgeneem het. Een ding wat soos 'n goue draad deur die debat geloop het, is dat daar geen genade getoon moet word met mense wat misdaad, intimidasie en geweld toepas nie.

Ek gaan nie op elke agb lid se toespraak reageer nie, maar ek wil verwys na wat die agb Leier van die Opposisie ges het. Hy het sekere punte uit Hansard aangehaal, waarop ek hom sal antwoord.

Wat hier gebeur, is absolute anargie. Die gesag van die Staat word uitgedaag. Dit is wat gebeur. Die taxiverenigings neem besluite tydens 'n vergadering en die volgende dag s hulle dat hulle nie van daardie besluite bewus is nie, of hulle stel nie meer daarin belang nie en plaas ander dinge op die agenda. Nou vra agb lede vir my waarom ek nie die taxistaanplekke sluit nie.

Kom ek vertel vir agb lede waarom ek dit tot op hede nog nie gedoen het nie. Dit is nie te s dat ek dit nie gaan doen nie. In Khayelitsha, waar die agb lid me Phenduka woon, is daar 'n half miljoen mense wat van openbare vervoer gebruik maak. As ek daardie taxistaanplekke sluit, is 'n half miljoen mense sonder openbare vervoer.

Wat wil ek h? Ek wil 'n oplossing h wat vrede sal bring vir daardie half miljoen mense, die mense van Golden Arrow en di in die taxibedryf.

Mnr P C MCKENZIE: Jy gaan dit nie sluit nie, Piet.

Die MINISTER: Ek kan dit nou sluit. Ek kan nou die opdrag gee om dit te sluit, maar wat gaan met daardie half miljoen mense gebeur? [Tussenwerpsels.] As ek die taxistaanplekke sluit, gaan daar meer mense in die geweld sterf as wat daar tot op datum gesterf het. En wie sal daarvoor verantwoordelik wees - ek. [Tussenwerpsels.] Dan sal hulle by my wil weet waarom meer mense gesterf het. Dit het in Soshanguve gebeur. Ons kan nie 'n vergelyking tref met Soshanguve of KwaZulu-Natal nie, ... [Tussenwerpsels.] ... want Soshanguve se taxistaanplekke is heeltemal van die woongebied afgesny. Ons het gaan kyk. Ek het gaan kyk na wat mnr Gabs daar gedoen het, waarom hy die taxistaanplekke so maklik kon sluit. Hy kon dit sluit, want dit is in 'n gesoleerde gebied. Dit is glad nie naby 'n woonbuurt nie. Dit is glad nie waar mense se lewens in gevaar gestel kan word nie. [Tussenwerpsels.]

*Mnr die Speaker, die agb Leier van die Opposisie het ges ons moet die kind by sy naam noem. Ek wil aan hom s dat ek op dieselfde dag waarop ons die debat in hierdie Huis afgehandel het, 'n brief aan die nasionale Minister van Vervoer geskryf het. Twee dae later het ek 'n antwoord van hom ontvang. Dit was twee dae later! Dit lui, en ek haal aan:

Thank you for your letter, 15 May 2000. I have communicated with the Minister of Defence.

Ek is daagliks telefonies in gesprek met die nasionale Minister. Die volgende dag ... [Tussenwerpsels.] Daardie agb lid moet nie bekommerd wees nie. Hy praat sommer onsin. Hy weet nie waarvan hy praat nie, daarom maak hy sy bek oop. [Tussenwerpsels.] Drie dae later gaan die nasionale Minister van Vervoer oorsee. Ek skakel toe die nasionale Minister van Welsyn en Bevolkingsontwikkeling, wat in sy plek waargeneem het. Ek wil dit hier op rekord stel dat nie een van daardie Ministers vir my ges het dat ek nie met die wet moet voortgaan nie.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: is dit parlementr dat die agb Minister aan 'n agb lid s, "Hou jou bek!"?

Die SPEAKER: Orde! Dit is natuurlik nie parlementr nie, maar ek het nie gehoor dat die agb Minister dit s nie. [Tussenwerpsels.] Orde! Ons is besig met 'n debat waar gevoelens hoog loop en daarom moet die Stoel hierdie sake beslis hanteer. Dit is nie 'n ligte oomblik waar ons dinge sommer kan laat verbygaan nie. Ek wil by die agb lid me Essop hoor wie aan die anderkant van die Huis so 'n bewering gemaak het.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, in reaksie op die agb lid mnr Ozinsky het die agb Minister 'n bietjie beheer verloor en in daardie wisselwerking het hy in Afrikaans ges dat die agb lid nie geweet het waarvan hy gepraat het nie en, "Hou jou bek!" Mnr die Speaker, ek is seker dat ons die rekord kan nagaan.

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek maak beswaar. Die agb lid me Essop het klaarblyklik geen getuienis van die beskuldiging wat sy hier gerig het nie. Sy het gesien die televisiekameras is op die agb Minister gerig en sy wou vir die gehoor gespeel het. Ek maak absoluut beswaar teen die misbruik van die Rels van die Huis.

Die SPEAKER: Orde! Die Stoel sal beslis daarmee handel as dit die geval is. Ek het dit beslis nie gehoor nie. Ek sal die rekord nagaan en, indien nodig, sal ek optree ...

Die MINISTER: Mnr die Speaker, u hoef nie die rekord na te gaan nie. Ek is 'n eerlike Parlementslid. Ek het dit ges en ek trek dit terug.

Die SPEAKER: Dankie. [Tussenwerpsels.] Orde!
Die MINISTER: Mnr die Speaker, ek wil terugkom op die agb Leier van die Opposisie se toespraak. Hy het ges so lank as wat die krisis voortgaan, sal die taxi's meer h as wat hulle wil h. Dit is wat gebeur. As 'n mens in goeie trou onderhandel, verwag jy dat die mense aan die anderkant van die tafel op dieselfde manier onderhandel, maar dit word nie gedoen nie.

Ek wil nou vir agb lede waarsku. As meer mense gaan sterf, sterf hulle met die instemming van agb lede in die Huis. Almal wat hier sit en wat druk op my uitoefen om taxistaanplekke te sluit, sal daarvoor verantwoordelik wees. As mense sterf, is hulle bloed op die hande van almal wat hier sit.

Mnr P C MCKENZIE: Jy moet die besluit neem.

Die MINISTER: Ek sal die besluit neem.

Mnr P C MCKENZIE: Jy moet die besluit neem.

Die MINISTER: Ek sal die besluit neem, maar ek s vir agb lede dit is wat gebeur. [Tussenwerpsels.]

Meneer, die agb Leier van die Opposisie het ges dat ek in September hier in die Huis ges het dat die formaliseringsproses teen die einde van die jaar afgehandel sou wees. Wat my betref, is dit afgehandel. Al die aansoeke wat ons ontvang het ten opsigte van die formalisering was op 31 Desember afgehandel. Al die aansoeke wat ons van SWPs ontvang het, is afgehandel. As mense nie kwalifiseer in terme van 'n regeringskriteria nie, verloor hulle. Ons het al die aansoeke afgehandel wat ons ontvang het. Daar sit die taxi-kantoorbestuurder; hy kan dit bevestig. Die mense wat aansoek gedoen het en wat gekwalifiseer het, het hul permitte gekry. Daar is 400 permitte by die Plaaslike Padvervoerraad wat nog nie afgehaal is nie. Waarom gaan haal hulle dit nie af nie? Ek het met die agb lid mnr Ramatlakane daaroor gepraat. Ek s dit elke keer in die vergadering met die taxiverenigings. Ek vra hulle waarom hulle nie daardie permitte afhaal nie. Hulle wil h ek moet onwettig optree.

'n AGB LID: U is besig om twee sake te verwar.

*Die MINISTER: Ek is nie besig om twee sake te verwar nie. Ek het ges dat die formalisasieproses teen die einde van Desember 1999 voltooi sou wees, en ek s nou hier dat die formalisasieproses, wat my betref, afgehandel is. Die aansoeke wat ons ontvang het, is hanteer. Die 1 700 aansoeke vir SWPs is hanteer. Die maatstawwe is deur hierdie Regering gestel. Die mense wat nie aan daardie maatstawwe voldoen het nie, het nie permitte ontvang nie, want dit is 'n nasionale maatstaf. Dit is nie 'n provinsiale maatstaf nie. Dit is 'n nasionale maatstaf waartoe die agb lid mnr Ramatlakane toegestem het, en daardie proses is afgehandel. Ek het egter ook in die openbaar ges dat ek ontvanklik is vir samesprekings oor die verdienste van die oopstel van die SWPs. Ek het dit aan die agb lid mnr Ramatlakane ges.

Die agb lid mnr Ramatlakane het na die PPVR verwys. Ek het ges dat ons die ledetal van die PPVR van ses tot nege sal vergroot. Geen lid van die taxibedryf dien in die PPVR nie omdat dit 'n botsing van belange sou wees. Ek wil mense h wat onafhanklike lede van die publiek is, wat aansoeke op 'n eenvoudige wyse kan hanteer, in plaas van om 'n lid in te bring. Ons sal dit doen. Teen die einde van volgende maand sal ons die ledetal vergroot. Ons moet ook 'n proses volg. Ons moet benoemings van die publiek ontvang. Ons sal adverteer en benoemings van die publiek inkry vir lede wat in die raad moet dien. Ons kan nie eenvoudig enigiemand neem en hom in die raad aanstel omdat hy 'n lid van die taxivereniging is nie. [Tussenwerpsels.]

*Mnr L RAMATLAKANE: Ons het nooit gevra dat taxi-operateurs in die raad moet wees nie.

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, die agb lid mnr Ramatlakane het ook oor opleiding en die stigting van 'n korporasie in hierdie provinsie gepraat. My amptenaar sit daar oorkant. Ons lei die taximense op 'n deurlopende grondslag op. Verlede week, op Vrydag, 2 Junie 2000, het ek die eerste provinsiale korporasie vir taxi's en busse in hierdie provinsie geopen. Die naam van die korporasie is Siyakhula - ons groei. Dit is 'n nuwe korporasie in die provinsie. Ons wou nie oorhaastig met die stigting van 'n korporasie te werk gaan, soos in die ander provinsies gebeur het en dit tot niet gegaan het, nie. Ek het my beloftes nagekom. Agb lede kan die Hansard lees.

Mnr die Speaker, ek wil ook die geleentheid gebruik om die agb Leier van die Opposisie te bedank. Dit is goed om in die hitte van die oomblik uitsprake te maak.

*Mnr P C MCKENZIE: Waarom het jy hierdie sitting bel, Piet?

*Die MINISTER: Ek het hierdie sitting bel omdat ek agb lede van die Huis en die algemene publiek oor ons standpunt wou inlig.

*Mnr P C MCKENZIE: Lig ons dan in.

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, die posisie is dat toe ons verlede week die vergadering met die nasionale Kommissaris gehad het, hy by my gepleit het om nie die taxistaanplekke te sluit totdat ons alle onderhandelingsmoontlikhede uitgeput het nie. [Tussenwerpsels.] Ek is nie besig om met hom te praat nie. Ek praat van komm Selebi. Ek het met die nasionale Minister van Vervoer gepraat, wat ges het dat hy enige stappe sou ondersteun wat ek doen, maar dat ons moet probeer om 'n ander oplossing as 'n gewelddadige oplossing te kry. En dit is wat ek besig is om te doen. Ek wag, en ek dryf hierdie saak aan, totdat daar nie meer tyd is om te onderhandel nie.

*Mnr M OZINSKY: Hoeveel mense moet tot dan doodgaan?

*Die MINISTER: Niemand moet vir my s dat ek oorhaastig opgetree het nie.

*Mnr M OZINSKY: Hoeveel mense moet doodgaan?

*Die MINISTER: Daardie agb lid woon nie in Khayelitsha nie.

*Mnr M OZINSKY: [Onhoorbaar.] ... Khayelitsha.

UMPHATHISWA: Lungu elibekekileyo awuhlali Guguletu. [Die agb lid woon nie in Khayelitsha nie.]

*Mnr M OZINSKY: S my, hoeveel mense moet doodgaan?
Die MINISTER: Daardie agb lid bly in 'n wit gebied. Hy weet nie eens hoe lyk mense in Guguletu nie.

Mnr M OZINSKY: Ek weet.

Die MINISTER: Behalwe as hy daar gaan vir politiekery.

*Mnr M OZINSKY: Hoeveel mense moet doodgaan?

Die MINISTER: Mense wat in Guguletu woon, is mense wat ek ken; ...

*Mnr M OZINSKY: Hoeveel mense moet doodgaan?

Die MINISTER: ... mense soos die agb lid me Phenduka.

*Mnr M OZINSKY: Hoeveel mense moet doodgaan?

Die MINISTER: Die agb lid mnr Ozinsky gaan daar in wanneer hy 'n bietjie politiek wil maak. Hy woon nie daar nie, hy weet nie hoe die mense daar voel nie. [Tussenwerpsels.] Daardie mense het vir my fakse gestuur om te s dat ek die taxistaanplekke moet sluit. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! [Tussenwerpsels.] Orde!

Die MINISTER: Mnr die Speaker, baie mense het hul medelye hier uitgespreek.

Laat ek eers met komm Selebi afhandel. Hy het ges: "Minister, I beg you not to close down the ranks. We will send more troops to the province to assist in law enforcement." Die Kommissaris het my vanoggend ingelig, net voordat ek hierheen gekom het, dat ons mense gekry het. Dit is nie genoeg nie, maar ons het mense gekry. Ek het op die kop om 13:00 met die nasionale Minister van Vervoer gepraat. Hy het vir my ges dat hy weer met die nasionale Minister van Verdediging sal praat sodat ons genoeg mense op die grond kry om vir eens en vir altyd te sorg dat ons wet en orde handhaaf.

My probleem gaan nie oor die sluit van taxistaanplekke nie. Ek kan dit sluit. Niemand sal daar ingaan nie - nie 'n bus, taxi, afleweringsvoertuig, munisipale bus of skoolbus nie. Op die oomblik gaan hulle daar in. Mense ry daar. Die enigste ding is dat as ons nie hierdie probleem oplos nie, anargie in hierdie land van een gebied na 'n ander gaan oorspoel, want daar bestaan nie werklik 'n begeerte by daardie mense om op 'n ordentlike manier te onderhandel nie. Al hul onderhandelingsaksies beteken niks. Dit beteken 'n ronde nul. [Tussenwerpsels.] By elke vergadering wat hulle kom, neem hulle nuwe besluite, maar ons sal doen wat van ons verwag word. [Tussenwerpsels.] Die oomblik dat ek dit doen, verwag ek van agb lede om my op dieselfde wyse soos wat hulle nou te kere gaan te ondersteun. Almal wat hier sit, sal my moet ondersteun.

Die agb lid mnr Lewis van die UDM het vir my 'n brief gestuur en gevra of hulle kan onderhandel. Hulle het met die busmaatskappy en die taximaatskappye onderhandel. Ek het vir hom ges dat ek bereid is om sover as wat ek kan te gaan om met die verteenwoordigers van die taxi- en busmaatskappye te gesels. Wat ons vandag in die Huis ges het, dat ons politiek uit vervoer moet haal, kan ek nie - en ek dink my kollega het dit in die gees aanvaar wat ek dit vir hom ges het - nou politieke partye by die saak insleep nie. As ek die UDM geleentheid gee, moet ek die ANC, die DP, die ACDP en die Nuwe NP die geleentheid gee. [Tussenwerpsels.] Dit is nie die manier waarop ons hierdie probleem gaan oplos nie, want dan is ons besig om juis van die vervoerprobleem 'n politieke probleem te maak.

Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Maar het jy geweet hulle gaan op die bus?

Die MINISTER: Ek het nie geweet nie. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, die agb lid mnr Ramatlakane het gepraat van die Witskrif. Ek stem heelhartig met hom saam. Ons het nie 'n nuwe vervoerbeleid in die provinsie nodig nie. Ons het 'n vervoerbeleid. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! 

Die MINISTER: Ons het 'n vervoerbeleid, en in elke debat waaraan ek in die Huis deelgeneem het sedert ek Minister geword het, haal ek uit die vervoerbeleid aan. Dit is 'n uitstekende beleid. Ons moet net tyd daarvoor inruim om dit toe te pas. 'n Mens kan dit nie oornag doen nie. Daardie agb lid weet dit.

Ons gee aandag aan die aansoeke wat tans voor die Plaaslike Padvervoerraad dien om dit spoediger af te handel. Ons is besig daarmee. Ek het Vrydag 'n boodskap na die vergadering gestuur toe hulle my gevra het of ek bereid is om die Plaaslike Padvervoerraad te help. Ek het onmiddellik ges dat ons in die loop van hierdie week sal adverteer en die proses sal deurloop. Ek is bereid om na die permitte te kyk, maar ek is nie bereid om in 'n drukgang gedruk te word met opdragte van dit moet eers afgehandel word voordat dat gedoen word nie. Die taximaatskappye sal in die openbaar intimidasie en geweld moet verwerp.

Ek kan vir hulle alles gee, maar dan kry ek niks. Hoe onderhandel ek? Ons moet onderhandel op 'n manier waarin ons mekaar vertrou. Van my kant af is ek bereid om sekere aksies te neem. Ek is volkome bereid om dit te doen, en ek het dit met die agb lid mnr Ramatlakane gekontroleer sodat ons nie bymekaar verby praat nie. Ek is nie bereid om in te gee vir die taximaatskappye nie en nie wet en orde te laat plaasvind nie. [Tussenwerpsels.]

Die agb lid mnr Ramatlakane het van die kontrakte gepraat. Ons is tans besig om 14 kontrakte goed te keur sodat die advertensies geplaas kan word. Wie daarvoor gaan aansoek doen, is nie my bekommernis nie, solank hulle binne die parameters van die advertensie sal optree. Ons gaan 14 daarvan nou doen. Die agb lid daar kan dit bevestig. Ek kan nie vir hulle s hulle moet 50% van die KMMOs insluit nie. Dit sal afhang van wie die kontrakte kry. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ek wil tog verwys na die agb lid mnr Lewis se inset ten opsigte van die staande komitee. [Tussenwerpsels.] Ek dink hy het baie goeie idees. 'n Mens moet daardie pad loop en bepaal ... [Tussenwerpsels.] Ek dink tog dit is 'n goeie idee dat ons meer van die staande komitee gebruik maak. Die insette van die staande komitee kan ons dalk by 'n oplossing bring. Dit is moontlik dat hulle mense kan oorreed om te gesels.

Die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning het na die nasionale Regering verwys. Ek het ook daarna verwys. Ek het vanmiddag vir die nasionale Minister van Vervoer ges dat as ons nie binne 24 uur van vandag af redelike ooreenkomste kry nie, gaan ek hom vra om mre vir die President te vra dat meer mense van die nasionale verdedigingsmagte hierheen gebring word, eerder as om troepe na die Kongo te stuur. Ek en hy praat mremiddag. Ek het aan hom terugrapporteer oor die situasie. Ek gaan ook terugrapporteer oor hierdie sitting vanmiddag.

Om di rede wil ek vir agb lede s dat ek niks wat ek doen, in isolasie doen nie. Ons doen dit alles ter wille van vrede vir hierdie provinsie en sodat 'n maatskappy wat wettiglik opereer, toegelaat sal word om sy diens te lewer aan die mense waarvoor hy 'n kontrak het.

Debat afgesluit.

Die Huis verdaag om 16:02 tot Dinsdag, 20 Junie 2000.


1692	MAANDAG, 5 JUNIE 2000



	MAANDAG, 5 JUNIE 2000	1693



	MAANDAG, 5 JUNIE 2000	1663


